Jonathan Amid on Gebeente on RSG’s programme Skrywers en boeke (Afrikaans channel, national radio)

(Scroll down for more posts.)

Skrywers en boeke, 3 Januarie 2024

“Die laaste boek wat ek wil uitsonder, is ’n boek wat ek baie onlangs gelees het. Ek is ’n groot Etienne van Heerden-aanhanger. Ek sien altyd uit na die nuwe boek wat Etienne van Heerden vir ons (…) bring en met Gebeente dink ek: Hy het homself oortref. Ek dink hierdie boek (…) ten spyte daarvan dat hy heelwat korter is as Die biblioteek aan die einde van die wêreld (…) het ’n absolute trefkrag wat jou net oorweldig. Die boek is groot; dis groots. Die prosa is vol spierkrag. Dit is vernuwend en slim. Dis ’n uitdagende vertelling. Dis totaal onvoorspelbaar. Die manier (…) Etienne van Heerden met taal werk en met taal speel en ons uitdaag om ons manier van dink en ons manier van sien van die wêreld en hoe ons besin oor menswees en kennis en jy weet, waar ons heen op pad is as die mensdom, jy weet, hoe hy hierdie vrae vir ons vra in hierdie roman is iets verbysterend. Ek was regtig baie beïndruk en dis ’n boek wat by ’n mens spook (…) Jy maak die laaste bladsy toe en jy dink oukei, ek is nou klaar gelees, en dan kom die karakters weer so voor jou in jou geestesoog (…) So ek was baie beïndruk met Gebeente. Ek dink dis ’n boek wat wonderlik by ’n ander roman soos Toorberg aansluit (…) Ek is regtig baie in my skik met hierdie boek.”

Click here to listen to the podcast.