Interview in Rapport: Klimtol

Cover of <em>Rapport</em>'s book section on Sunday 6 October 2013
Cover of Rapport‘s book section on Sunday 6 October 2013


Annemarié van Niekerk interviews Etienne van Heerden on Klimtol

“Ek het in baie van my vorige boeke al ’n “derde ruimte” ondersoek – met ZanSpeak (Susan de Melker se taal) in 30 Nagte in Amsterdam, asook Tante Zan se siekte, “die agtste kleur”, haar vermommings en leefwyse.

“Dalk is Klimtol my mees indringende ondersoek na ThirdSpace. In my kop is dit ’n breë en dalk ’n ietwat slordige begrip en ek weet nie of ander mense daarby aanklank sal vind nie, maar vir my skep die magiese realisme as vertelmodus byvoorbeeld ’n derde ruimte – tussen die magie en realiteit.

“Dis wat Toorberg, Die swye van Mario Salviati en Die stoetmeester ondersoek. Die floubokspesie ­Timidus Caper in Die stoetmeester se habitat is byvoorbeeld die derde ruimte.

“Nou, met Klimtol, met die verkenning van “werkspeel” as ruimte vir die “gooi” of “die triek” van die klimtolspeler, is die ThirdSpace die plek waarin Ludo Loeloeraai hom ingooi wanneer hy triek. En, natuurlik (sonder om die storie “weg te gee”) – dis die ruimte wat Snaartjie Windvogel teen wil en dank bewoon.”