Interview in Beeld: Klimtol

Rudolf Stehle interviews Etienne van Heerden

Wanneer en waar het jy jou eerste jojo gekry? 

1964. Die Coca-Cola-rooibaadjiemanne het die dorp ingery en in die Vic ingeboek. Toe stap hulle na die kroeg waar Bobby Greenblatt van die Papegaaiplaas gereeld met sy perd ingery het en sê: “Ons karre se boots is vol yo-yo’s. Elke skoolkind gaan ene kry.” Ek aanvaar nou dit was elke wit seuntjie. Ek dink die skooldogters en al die swart kinders is verbygegaan. Die volgende oggend was hulle op die verhoog in die skoolsaal en daardie pouse staan ons op die klipperige speelgrond van “Boizaai”, Cradock, en probeer met die spinballetjies triek.