“Al is Etienne van Heerden se jongste roman, Die biblioteek aan die einde van die wêreld, 634 bladsye lank, het ek steeds sekere sinne en paragrawe weer gelees – omdat ek verstom was oor hoe raak hy baie Afrikaners se gevoelens beskryf oor die tyd waarin hulle leef.”
Die geweld en inhaligheid van die jare tagtig wat Etienne van Heerden in die oog gehad het in Casspirs en Campari’s, sy roman van 1991 (wat hy “’n historiese entertainment” noem), leef bykans 30 jaar voort in Die biblioteek aan die einde van die wêreld. Dalk net met minder ratelende konvooie. En Biblioteek is dalk minder van “entertainment” as Casspirs, maar nie minder histories van aard nie. Bowenal is die groot ooreenkoms die sug na betekenis.
Die biblioteek aan die einde van die wêreld tops the best seller lists of the Graffiti bookshop chain for December 2019.
TOPVERKOPERS DESEMBER 2019
ALGEHEEL
1. Die biblioteek aan die einde van die wêreld – Etienne Van Heerden
2. Geure – Lientjie Wessels
3. Grensgeval – Marita van der Vyver
4. Dit proe soos huis – Herman Lensing
5. Huis van gruwels – Susan Henriëtte Cilliers
6. Kantelpunt – Sophia Kapp
7. Koeke & Terte – Coetzer Susan
8. Anderman se vrou – Chris Karsten
9. Kweek dit self – JJ van Rensburg
10. Sewe-en-veertig – Irma Venter
11. Vloek – Rudie Van Rensburg
12. Kyk na my – Nataniël
13. Blinde gode – Dibi Symington Breytenbach
14. Robey Leibbrandt ’n lewe van fanatisme – Albert Blake
15. Die Alfadokument – René van Zyl