LitNet Akademies

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare en Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za.
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Akkreditasie

LitNet Akademies is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Alle artikels wat portuurbeoordeel is en gekeur word vir plasing in LitNet Akademies kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.

Redaksie


Hoofredakteur
Etienne van Heerden (PhD, LLB, DLitt h.c.), Universiteit van Kaapstad
Hoofbestuurder en -redakteur: LitNet Akademies
Uitvoerende redakteur: LitNet



Geesteswetenskappe-redakteur
Francis Galloway (DLitt), Universiteit van Pretoria



Godsdienswetenskappe-redakteur
Pieter G.R. de Villiers (DTh, ThDr)



Natuurwetenskappe-redakteur
Dirk Laurie (MSc in Wiskunde, PhD), Universiteit Stellenbosch



Opvoedkunde-redakteur
Estelle Kruger (DLitt), Universiteit Stellenbosch



Regte-redakteur
Johann Neethling (LLD)

Direksie

Die LitNet-node LitNet Akademies word as ’n maatskappy sonder winsbejag bedryf. Die direksie bestaan uit:


Martin Geldenhuys

Martin Geldenhuys het ’n BComm-graad in finansiële bestuur en is ’n geoktrooieerde bestuursrekenmeester (ACMA). Hy werk tans as ’n bestuursrekenmeester en is al vir meer as vyf jaar aan die rekeningkundige kant betrokke by LitNet. Hy woon in Kaapstad. Hy dien in LitNet se bestuurskomitee en is ’n direksielid van LitNet Akademies.



Jos Floor (Floor Prokureurs)

Jos is ’n korporatiewe prokureur en fokus op die tegnologiesektor. Hy het ondervinding op die gebiede van waagkapitaal, aandeelhouersverhoudinge, samesmeltings, regulatoriese advies, nakoming, intellektuele eiendom en privaatheid van persoonlike inligting. Jos geniet nuwe uitdagings en help kliënte graag om vernuwende oplossings te vind vir probleme waarmee jong, snelgroeiende besighede gekonfronteer word.

Hy het in Potchefstroom grootgeword en gestudeer – regte en internasionale politiek – en daarna via Nederland sy wortels in Stellenbosch laat skiet.

Jos is ’n direkteur van LitNet Akademies.



Etienne van Heerden (Universiteit van Kaapstad en uitvoerende redakteur, LitNet).

Etienne van Heerden is emeritusprofessor aan die Universiteit van Kaapstad. Hy is stigter-redakteur van LitNet, wat in Januarie 1999 aanlyn gegaan het nadat hy ’n voorstel vir ’n aanlyn-boekejoernaal aan 24.com gemaak het. Sedertdien het hy LitNet uitgebou en bestuur. Hy dien as redakteur en mede-eienaar van LitNet in die LitNet-bestuurskomitee en is ook besturende direkteur van die maatskappy sonder winsbejag LitNet Akademies, wat die geakkrediteerde inhoud in LitNet se node vir akademiese skryfwerk bestuur.

Etienne behaal die grade BA (Regte) en LLB aan die Universiteit Stellenbosch en word as prokureur tot die destydse sybalie toegelaat. Verdere grade is Honneurs in Afrikaans en Nederlands (cum laude), Universiteit Stellenbosch, MA (cum laude), Universiteit van die Witwatersrand, PhD (Rhodes) en DLitt (hc), Universiteit van die Vrystaat.

LitNet Akademies word bestuur vanuit Stellenbosch.

Waar kry ek vorige joernaaluitgawes?

LitNet Akademies ­artikels word drie maal per jaar in pdf-formaat as volledige joernaaluitgawes gepubliseer. Vorige joernaaluitgawes kan hier gevind en afgelaai word.

Enige navrae kan gerig word aan akademies@litnet.co.za.