Toorberg is vanaf 2019 ’n keuseboek op die onderwysdepartement se voorgeskrewe lys vir Graad 12 Afrikaans Huistaal. Die gedrukte skooluitgawe bevat ’n lywige onderwysgids, wat deel van die boek is.

 

Die opstal van die Van Heerden-familieplaas, Doornbosch, waar Etienne van Heerden se pa in vennootskap met sy broer en vader geboer het. Die foto is in Van Heerden se geboortejaar, 1954, geneem. Agter die opstal is die populierbos, wat later jare baie groter sou word, met in die middel daarvan die Oog. Regs is ’n ou slaweklok. Toorberg, wat deel van die plaas vorm, lê na links, agter.

Die opstal van Doornbosch, die Van Heerden-familieplaas, in 1981. Let op dat die vooraansig gemoderniseer is nadat dit voorheen gerond was, soos te siene in die 1954-lugfoto hierbo. Die populierbos, met Toorberg daaragter, lê agter die huis.

Die oorspronklike tikmasjien-manuskrip van Toorberg met notas deur Annari van der Merwe, wat toe by Tafelberg-uitgewers werksaam was. Die manuskrip is in die oorspronklike Universiteit van Zoeloeland-koevert waarin dit destyds afgestuur is. Etienne van Heerden het die roman geskryf terwyl hy daar ‘n dosent was.

Klik op die volgende skakels vir artikels en ander leeswerk oor Toorberg: