Rymstories: “Die Rolbosman” deur Etienne van Heerden

Die wind deur die rolbos sing ’n droewe psalm
Die lyk roer in sy kerkpak lig ’n bleek handpalm

Ondernemer Pisani open die wa se deur
En kyk stroef op na die mistige weer

Stemkunstenaar Johan Allers lees ’n reeks rymstories deur Etienne van Heerden voor. In hierdie reeks kom telkens ’n figuurstudie ter sprake.

YouTube-skakel na die onderstaande video: https://www.youtube.com/watch?v=7JKdJ0XEcq8

Rymstories: “Die Spookvanger” deur Etienne van Heerden

Hy kom uit die land van weerlig aan
Uit die land van kanniedood die skuinstiep maan

Waar Oom Kaspaas die weerlig vir brekfis eet
Dooies hul besit aan die einder meet

Stemkunstenaar Johan Allers lees ’n reeks rymstories deur Etienne van Heerden voor. In hierdie reeks kom telkens ’n figuurstudie ter sprake.

YouTube-skakel na die onderstaande video: https://www.youtube.com/watch?v=jvm3eyRiC1U