‘The Long Silence of Mario Salviati’ to be published in Italian

AJ Opperman, Netwerk24: The publisher CH3 PRESS was successful in its application for a subsidy to translate and publish Die swye van Mario Salviati in Italian. 

“Die uitgewer CH3 PRESS, wat in Lyon, Frankryk, gesetel is en boeke in Italiaans en Frans uitgee, het suksesvol aansoek gedoen om ‘n subsidie vir die Italiaanse vertaling van Die swye van Mario Salviati (Tafelberg).

“CH3 PRESS mik om die vertaling teen April 2026 uit te gee. Raphael d’Abdon is die vertaler.

“D’Abdon, ook ’n skrywer en akademikus, is oorspronklik van Italië, maar is tans ’n navorsingsgenoot in Unisa se Engels-departement. Die vertaalproses is op dreef en die uitgewer het ’n Substack geskep waar belangstellendes die proses kan volg en onder meer onderhoude kan lees. Die uitgewer beoog om deur middel van hierdie platform reeds voor publikasie die Italiaanse vertaling se aanhang te laat groei.

“CH3 PRESS meld in sy aansoek dat Die swye van Mario Salviati lig werp op Suid-Afrika se komplekse verhaal terwyl dit ook Italië se ervaring van die Tweede Wêreldoorlog betrek, met temas van ontworteling, stilte en veerkragtigheid. Die roman het oorspronklik in 2000 verskyn en is in 2001 met die M-Net-prys vir prosa bekroon.”

Click here for the full article.