Literêre pryse toegeken:
- Hertzog-prys 2010
- UJ-prys vir beste skeppende skryfwerk in Afrikaans 2009
- M-Net-toekenning vir beste oorspronklike roman in Afrikaans 2009
- WA Hofmeyr-prys 2009
Oor 30 nagte in Amsterdam:
Zan. Sy’s ’n pragtige maar eksentrieke vrou, ook bekend as Xan met die onverwagse toevalle of Xusan met die geheimsinnige glaskamer. Sy’s die Susan met die onstigtelike erotiese drif. As aktrise en politieke aktivis het sy ’n voorliefde vir vreemde vriende, soos die rolprentmaker Cecil Dimaggio en die straatmusikant Manuel D’Oliveira.
Henk de Melker, museumassistent in ’n klein Oos-Kaapse dorpie, ontvang onverwags ’n brief van ’n juris in Amsterdam waarin hy ingelig word dat sy lankverdwene Tante Zan haar huis in dié stad aan hom nagelaat het. Hy, “Henk Ekskuus”, is ’n voetjie-vir-voetjie-navorser, die skrywer van dun boekies waarin die lewens van onmerkwaardige mense opgeteken word – soos die beoogde een oor Cornelius van Gogh, die onbekende broer van Vincent en Theo, wat in Suid-Afrika begrawe lê.
Henk reis na Nederland om sy erfporsie op te eis; terselfdertyd wil hy verdere navorsing oor Cornelius van Gogh doen. Hy moet besluit of hy permanent wil emigreer of nie, noudat hy eienaar word van ’n woning in Amsterdam. Mettertyd word hy ingesuig in die maalstroom van die gragtegordel met sy sakkerollers, prostitute en straatmusikante. Sy ervaringe in die binnestad konfronteer hom ook opnuut met sy kinderjare – saam met Tante Zan in die huis van sy ouma – en die invloed wat sy avontuurlike tante ná al die jare steeds op sy lewe het.
Want deur alles wat van hom weggesteek is, eindelik oop te vlek, leer Henk de Melker homself opnuut ken. Die dertig nagte wat hy in Amsterdam deurbring, verander sy besadigde lewe onherroeplik.
’n Keur van aanlyn resensies van 30 nagte in Amsterdam:
- Thys Human vir LitNet: 30 nagte in Amsterdam: Vernuftig en verbeeldingryk
- Johan Anker vir Tydskrif vir Letterkunde: 30 nagte in Amsterdam
- Dawid de Villiers: 30 nagte in Amsterdam deur Etienne van Heerden
- Jacques de Viljee: 30 nagte slim en vermaaklik
Nog oor 30 nagte in Amsterdam:
- In die ‘Agste Kleur’: Onderhoud met Willemien Brümmer vir Die Burger
- NB-Uitgewers: 30 nagte in Amsterdam
- Etienne van Heerden wen 2 literere pryse!
- M-Net Literary Awards 2009 Winners
- Thys Human se commendatio by die toekenning van die UJ-Prys vir Skeppende Skryfwerk (2009) aan Etienne van Heerden vir 30 nagte in Amsterdam
- Via Afrika vereer Suid-Afrikaanse skrywers
- Foto’s van die bekendstelling van 30 nagte in Amsterdam
- Etienne van Heerden se toespraak by die ontvangs van die UJ-prys vir Letterkunde 2009: Geloofsbriewe
- Etienne van Heerden se Amsterdam nou ook Engels
- Sex and Amsterdam