Veldskoolprogram 20–21 September
Openingslesings – Donderdag 20 September
6.00–7.30 Genesis en geaardheid – Etienne van Heerden
7.45–8.30 Vreemdmaking – Etienne van Heerden
Veldskoolprogram 20–21 September
Openingslesings – Donderdag 20 September
6.00–7.30 Genesis en geaardheid – Etienne van Heerden
7.45–8.30 Vreemdmaking – Etienne van Heerden

Die tweede Etienne van Heerden Veldsoirée vind vanjaar van 22 tot 25 September op Cradock en Somerset-Oos plaas. Darryl David, feesorganiseerder, vertel vir Naomi Meyer hiervan.
Darryl, die Etienne van Heerden Veldsoirée vind binnekort plaas en ek sien jy noem dit jou mees egte Karoofees. Sal jy, wat boekefeeste dwarsoor die land reël, asseblief nog meer van die fees vertel? Waarom Cradock?
Ligging vir enige fees is uiters belangrik. Vir al my feeste het ek fraai dorpe gekies: Montagu, Howick, Pniel. Natuurlik is daar BookBedonnerd in die hart van die Karoo. Maar by al hierdie feeste val die klem meestal op die literêre. By die Etienne van Heerden Veldsoirée vind die meerderheid van die fees plaas in ’n verlate Karoo-landskap by Buffelskop – die laaste rusplek van Olive Schreiner. En die fees skop af by Die Tuishuise – sekerlik die pragtigste “straatskap” in Suid-Afrika met tipiese Karoo-argitektuur. Geeneen van my ander feeste het hierdie kombinasie nie. As jy deur Dirosie Gastehuis ry, dan hoor jy Olive se woorde – “such a sense of wild exhilaration comes over me”. En hierdie jaar gaan ons na Somerset-Oos ry. Geen ander literêre toer is mal genoeg om mense 100 km te laat ry nie. Maar vir hierdie toer wou ek mense ’n tipiese Karoo-ervaring gee. Die wildernis is goed vir die siel. Soos Etienne nou die dag op Facebook gesê het: “The brain needs silence.”
Continue reading “Etienne van Heerden Veldsoirée 2018: ’n onderhoud met Darryl David”

![]() |
![]() |

Klik hier vir die volledige program.
Die tweede Etienne van Heerden Veldsoirée, die breinkind van en georganiseer deur Darryl David, word van 22 tot 24 September in Cradock en Somerset-Oos aangebied. Vanjaar sal ‘n gratis slypskool vir ontwikkelende skrywers by die soirée aangebied word en dit begin reeds met openingslesings deur Etienne van Heerden op 20 September, om 18h00.
Continue reading “Die tweede Etienne van Heerden Veldsoirée: program”

Gratis toegang vir alle programitems
Feesorganiseerder: Darryl David (davidd@ukzn.ac.za / 081 360 9231)
Die bekende feesorganiseerder Darryl David het aangekondig dat die tweede Etienne van Heerden Veldsoirée vanjaar oor die langnaweek 22–25 September op Cradock en Somerset-Oos en in die Cradock-distrik sal plaasvind.

“2017 se Veldsoirée was iets besonders,” het Darryl gesê. “Dit was een van daardie onvergeetlike feeste waar almal vir drie dae met ’n breë glimlag op hul gesigte rondgeloop het. En die toer na Schreiner se sarkofaag – dit bly die hoogtepunt van my alternatiewe lewe as feesimpresario. Die Etienne van Heerden Veldsoirée bly my mees egte Karoofees.”
(Scroll down for more posts.)

The AKTV Prose Prize for the best Afrikaans novel is a literary award awarded annually by the ATKV to an Afrikaans writer for a work of prose published during the previous calendar year. The 2018 prize was awarded to Etienne van Heerden for Die wêreld van Charlie Oeng.

Die tweede Etienne van Heerden Veldsoirée vind vanjaar van 22 tot 25 September op Cradock en Somerset-Oos plaas.
Darryl David het vir Naomi Meyer meer omtrent die fees vertel. Lees die onderhoud hier.
22–25 September, Cradock
Gratis toegang vir alle programitems
Feesorganiseerder: Darryl David (davidd@ukzn.ac.za / 081 360 9231)

Die bekende feesorganiseerder Darryl David het aangekondig dat die tweede Etienne van Heerden Veldsoirée vanjaar oor die langnaweek 22–25 September op Cradock en Somerset-Oos en in die Cradock-distrik sal plaasvind.
“2017 se Veldsoirée was iets besonders,” het Darryl gesê. “Dit was een van daardie onvergeetlike feeste waar almal vir drie dae met ’n breë glimlag op hul gesigte rondgeloop het. En die toer na Schreiner se sarkofaag – dit bly die hoogtepunt van my alternatiewe lewe as feesimpresario. Die Etienne van Heerden Veldsoirée bly my mees egte Karoofees.”
LitNet statistics reached new heights in May 2018, with 171 811 unique visitors downloading 523 067 pages (Google Analytics).