Author: Etienne
Rymstories: “Die Uiljagter” deur Etienne van Heerden

Onverwags, stil, oordag ’n uil, onvanpas
Stip sit hy daar en staar, op dié dag wat was.
Stemkunstenaar Johan Allers lees ’n reeks rymstories deur Etienne van Heerden voor. In hierdie reeks kom telkens ’n figuurstudie ter sprake.
YouTube-skakel na die onderstaande video: https://www.youtube.com/watch?v=-C2TueW5Jgo
Rymstories: “Die Stasiemeester se Vrou” deur Etienne van Heerden

Gereeld kom die trein donderend van die suide aan
Sy fluit skeur turksvyblare oop en split die maan
Sulke dae, in ’n vallei met hondsdolheid en horries begeester
Ontspoor ’n huisie, ’n vrou, twee kinders, ’n stasiemeester
Stemkunstenaar Johan Allers lees ’n reeks rymstories deur Etienne van Heerden voor. In hierdie reeks kom telkens ’n figuurstudie ter sprake.
YouTube-skakel na die onderstaande video: https://www.youtube.com/watch?v=dAL-apmU8Oc
Rymstories: “Die Wildbewaarder” deur Etienne van Heerden

Ook die mierleeu lê en wag, só wag
Die luisterende vlakte op die reën om genade
Te bring en net so wag die ganse luisterende
Afwagtende ryk van diere en plante
Stemkunstenaar Johan Allers lees ’n reeks rymstories deur Etienne van Heerden voor. In hierdie reeks kom telkens ’n figuurstudie ter sprake.
YouTube-skakel na die onderstaande video: https://www.youtube.com/watch?v=evJWlHUfmy4
Rymstories: “Die Pryssanger” deur Etienne van Heerden

Geprys die ystervarkpen dun besnede
In die voetpaadjie tussen spore en grassies
Sommerso daargelaat, die dier die nooitgewese
Skoonvelder, en die klouspoor
Stemkunstenaar Johan Allers lees ’n reeks rymstories deur Etienne van Heerden voor. In hierdie reeks kom telkens ’n figuurstudie ter sprake.
YouTube-skakel na die onderstaande video: https://www.youtube.com/watch?v=YjkaG5d1rNE
Rymstories: “Die Rolbosman” deur Etienne van Heerden

Die wind deur die rolbos sing ’n droewe psalm
Die lyk roer in sy kerkpak lig ’n bleek handpalm
Ondernemer Pisani open die wa se deur
En kyk stroef op na die mistige weer
Stemkunstenaar Johan Allers lees ’n reeks rymstories deur Etienne van Heerden voor. In hierdie reeks kom telkens ’n figuurstudie ter sprake.
YouTube-skakel na die onderstaande video: https://www.youtube.com/watch?v=7JKdJ0XEcq8
Rymstories: “Die Innige” deur Etienne van Heerden

Wees innig digby pyn, in die aangesig
Van lyding, self toegedien, gadegeslaan
Of ervaar.
Stemkunstenaar Johan Allers lees ’n reeks rymstories deur Etienne van Heerden voor. In hierdie reeks kom telkens ’n figuurstudie ter sprake.
YouTube-skakel na die onderstaande video: https://www.youtube.com/watch?v=Xwb8pr0-GZI
Rymstories: “Die Ongeluksvoël” deur Etienne van Heerden

Nes blik rubber en chroom ineengevou
Is daar hierlangs geen samboksalf vir die rou
Jakkals verlang na wolf se vrou
Is gemis muskeljaat wat in sy vanghok grou?
Stemkunstenaar Johan Allers lees ’n reeks rymstories deur Etienne van Heerden voor. In hierdie reeks kom telkens ’n figuurstudie ter sprake.
YouTube-skakel na die onderstaande video: https://www.youtube.com/watch?v=R0rtWNZAhBM
Rymstories: “Die Spookvanger” deur Etienne van Heerden

Hy kom uit die land van weerlig aan
Uit die land van kanniedood die skuinstiep maan
Waar Oom Kaspaas die weerlig vir brekfis eet
Dooies hul besit aan die einder meet
Stemkunstenaar Johan Allers lees ’n reeks rymstories deur Etienne van Heerden voor. In hierdie reeks kom telkens ’n figuurstudie ter sprake.
YouTube-skakel na die onderstaande video: https://www.youtube.com/watch?v=jvm3eyRiC1U