“Drie Tafelberg-boeke kom vanjaar vir die WA Hofmeyr-prys vir fiksie teen mekaar te staan.
“Op die kortlys ding Kerneels Breytenbach en Deon Opperman se Donkerland mee met Etienne van Heerden se Klimtol en Eben Venter se Wolf, wolf. Al die wenners van die Media24-boekpryse word op 6 Junie bekend gemaak.”