
Willie Burger, LitNet, 5 Oktober 2023
Die volle omvang van Etienne van Heerden se talent word in hierdie werk uitgestal: sy ongebreidelde verbeelding; woorde wat lees asof hy sy rekenaar in heuning gemarineer het; ’n skerp analise van die samelewing; ’n fyn sin vir humor en ironie; ’n meesterverteller; en ’n grondige begrip van sy medium.
Gebeente voer die leser met betowerende vertellings weg na ’n magiese wêreld wat terselfdertyd ’n angswekkend realistiese, kontemporêre Suid-Afrika is. Sodoende bied die roman presies wat ek van letterkunde verwag, naamlik dat dit mens moet meesleur en betower, nie sodat ons kan ontsnap uit die wêreld waarin ons leef nie, maar sodat ons kan ontsnap uit konvensionele maniere van kyk na die wêreld waarin ons leef, uit gevestigde maniere van dink oor die wêreld waarin ons leef.
Continue reading “Review essay of ‘Gebeente’ by Willie Burger”










