Event: Celebrating South African writing, food and wine

Celebrating South African writing, food and wine. Restaurant Tjing-Tjing, Amsterdam, Netherlands, Monday 22 September, 18.30 for 19.00, 56-58 Cornelis Troost Street, Amsterdam. Bookings: 020-6760923.  Etienne van Heerden, Marita van der Vyver, Sonja Loots and Kirby van der Merwe will be sharing texts on food and wine. Master chef Michael Ricketts and wine expert Madri Victor, as well as singer Joep Pelt will be joining them in the celebration.

Tydens hierdie eksklusiewe expat-aand by die gesellige Suid-Afrikaanse restaurant TjingTjing in Amsterdam vertel vier Afrikaanse skrywers oor hulle gunsteling geregte en lees hulle snaakse, poëtiese en ontroerende kosstories voor uit eie en ander skrywers se werk.

Die Nederlandse sanger en liedjieskrywer Joep Pelt vertel oor sy reise deur Suid-Afrika en sy ontmoetings met ’n groot verskeidenheid Suid-Afrikaanse kunstenaars en musiekstyle. Natuurlik bring hy sy gitaar saam om ons ’n voorsmakie te gee!

Michael Ricketts het van die skrywers se gunsteling disse in die 4-gangmenu verwerk, en Madri Victor van De Wijnlijst het haar wynkeuse vir die aand met groot sorg hierop afgestem.

Die aanbieder vir die aand is die Suid-Afrikaans gebore filmmaker, toneelskrywer en akteur Gideon van Eeden.

4-gangmenu en bypassende wynkeuse

Kaaps-Maleise samoesas met kerrievis en uie
De Grendel Rosé
Biltong-uiesop met parmesaankaas croutons
Agaat Christina White Blend (Sauv Blanc, Nouvelle,Chenin Blanc & Viognier)
Geroosterde lamsboud met oondgeroosterde groentes, jong aartappels en stampmielies
Agaat John David (Cabernet Sauvignon, Shiraz & Pinotage blend)
Sjokolade-malvapoeding met Amarulasous
Maison Straw Wine

Pryse

Die prys vir die 4-gangmenu is € 20,-; vir die wynkeuse betaal u ’n ekstra € 15,- (4 glase). Dit is egter ook moontlik om wyn per bottel of per glas te bestel, en natuurlik hou TjingTjing altyd ook ’n wye verskeidenheid Suid-Afrikaanse biere, koeldranke en sappe aan.

Datum en tyd: Maandag 22 September, 18.30 uur vir 19.00 uur
Plek: Restaurant TjingTjing, Cornelis Trooststraat 56-58, 1072 JH Amsterdam
Reservering: Tel. 020-6760923 (t/m Vrydag 19 September)