Interview in MyTyd: Klimtol

Cover of Rapport's MyTyd on Sunday 13 October 2013
Cover of Rapport’s MyTyd on Sunday 13 October 2013

Bibi Slippers interviews Etienne van Heerden

“Wat my interesseer is die tussengebied, tussen werk en speel. Dis ’n spel, maar dis baie ernstig. Dit verg harde werk, dit verg oefening, dit verg verskriklike toewyding en konsentrasie. Dit verg ook die gewilligheid om iets anders te doen, buite die konvensionele. Dis die ontdekking van daai ding wat speel is, maar dis harde werk. Dit het struktuur. Ek dink skryf is die vernaamste vorm van klimtolgooi vir my in hierdie stadium. Elke boek is asof jy opnuut ’n triek uitdink. Dit help nie jy steek vas by die ou trieks nie. Jy moet in elke boek opnuut die vermoë van die klimtol ontdek. En dan natuurlik die groot risiko wat gepaardgaan met spel. Baie van die dinge wat ek doen, is vir my in die buurt van ernstig speel, in die sin van eksperimenteel wees.”