Etienne van Heerden shortlisted for the University of Johannesburg Prize for Literature

(Scroll down for more posts.)

KORTLYSTE – 2020 UJ-PRYSE

Die titels op die kortlys vir die 2020 UJ-prys, is (alfabeties volgens outeur):

Hond se gedagte – Kerneels Breytenbach
In ’n land sonder voëls – Harry Kalmer
Strafjaart – Theo Kemp
Die biblioteek aan die einde van die wêreld – Etienne van Heerden
Die verevrou – Jan van Tonder

Die titels wat deur die span van sewe beoordelaars aangewys is vir die kortlys vir die 2020 UJ-debuutprys, is (alfabeties volgens outeur):

Klikbek – Sydney Gilroy
Gedeeltelik bewolk ­– Ruan Kemp
Zola – Johan Jack Smith

OOR DIE UJ-PRYSE

Die UJ-pryse word jaarliks in twee kategorieë (dit is debuutwerk en andersins) toegeken aan besondere en uitsonderlike Afrikaanse boeke wat in die voorafgaande kalenderjaar gepubliseer is. Beide die pryse word sonder inagneming van genre toegeken, maar vertalings, jeugromans en kinderboeke word nie vir inskrywing aanvaar nie. Jaarliks ding bundels poësie, korttekste in verskillende formate, ’n groot verskeidenheid romans, biografieë en ook verskillende soorte niefiksie mee om die UJ-prys en die UJ-debuutprys.

Dit is vanjaar die twintigste jaar wat die UJ-pryse toegeken word.

Die prysgeld vir die 2020 UJ-pryse, beloop onderskeidelik R80 000 en R45 000 en die doel daarmee is om skrywers en debuutskrywers wat in Afrikaans skryf aan te moedig om steeds nuwe horisonne te bly soek en ondersoek.

Vir die 2020 UJ-pryse is altesaam 83 titels ingeskryf  – waarvan 18 debute is.

Die paneel beoordelaars vir 2020 was:

Frederick J Botha, Bibi Burger (UP), Karen de Wet (UJ) – Voorsitter, Amanda Lourens (US), Jolyn Phillips (UJ), Marné Pienaar (UJ), Heindrich Wyngaard