‘Gebeente’ discussion in Zuid-Afrikahuis, Amsterdam, on 21 May 2024

Datum: 21 mei 2024
Inloop 19:00
Tijd: 19:30 – 21:30
Locatie: Keizersgracht 141-C, Amsterdam
Inleiding door: Titia Palthe

Op dinsdag 21 mei 2024 bespreekt Titia Palthe Gebeente, de nieuwe Van Heerden, waarin hij terugkeert naar de wereld van Toorberg.

Met ’n onverwagte trein kom Magistraat Imker Goedeman aan op Gebeente, ’n klein dorpie op die Vergete Grootpad noord van Sutherland. Die omgewing is geruk deur ’n opspraakwekkende plaasmoord, maar ’n nog komplekser saak moet ondersoek word: die diefstal van die melkweg. Ons is hier in die buurt van onwaarskynlikhede en eindelik word die ganse regstelsel uitgedaag. Historie, mite, allegorie en magiese realisme word sjarmant verweef in dié meeleurende roman.

Juridical perspectives on ‘Gebeente’ by Willem Krog on LitNet

(Scroll down for more posts.)

LitNet, 10 April 2024

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer daarvan aan LitNet gestuur. LitNet het die skrywer nie versoek om dit te stuur en geen vergoeding is aan die skrywer betaal nie.

Etienne van Heerden se nuutste boek – Gebeente – is metafories, tematies en genre-matig ’n baie ryk boek.

Die Reg as tema in fiksie is nie onbekend nie (Van Heerden se eie Toorberg as voorbeeld) maar word hier as die metaforiese gebeente van ’n teks aangebied. Hiermee bring Van Heerden Gebeente binne die debat van Law and Literature.  Die debat oor Reg en Literatuur is al ’n paar dekades oud en is nie sonder problematiek nie.  Nancy Cook is van mening dat daar nie regtig so ’n onderskeid is nie, maar onder andere Stephanie DeGooyer verskil van haar. DeGooyer meen dat die obsessie oor paradoks, wat deur dekonstruksie gedryf word, sal veroorsaak dat die onafhanklikheid van die twee dissiplines – Reg en Literatuur – verlore sal gaan.

……….
In Gebeente gebruik Van Heerden op ’n uiters innoverende manier kernelemente uit die regsfilosofiese werklikheid, soos regspositivisme, pandektisme, regsnihilisme en die postmoderne manifestasie van verskillende (en dalk uitgediende) regsfilosofieë.
………….

In Gebeente gebruik Van Heerden op ’n uiters innoverende manier kernelemente uit die regsfilosofiese werklikheid, soos regspositivisme, pandektisme, regsnihilisme en die postmoderne manifestasie van verskillende (en dalk uitgediende) regsfilosofieë.

Continue reading “Juridical perspectives on ‘Gebeente’ by Willem Krog on LitNet”

An interpretation of ‘Gebeente’ by Chris van der Merwe on LitNet

(Scroll down for more posts.)

LitNet, 29 Febrarie 2024

Chris van der Merwe skryf hierdie bespreking, soos die ander besprekings in die reeks, spesiaal vir leeskringe. Hy kies die boeke self en hierdie besprekings word uit eie beweging na LitNet aangestuur. Bederfwaarskuwing: Lesers wat nog nie die boek gelees het nie, moet bewus wees daarvan dat die teks hieronder gedeeltes van die intrige verklap. 

Die verhaal

Etienne van Heerden se jongste roman, Gebeente, handel oor die lotgevalle van Jisses en sy ma, Altydoopvygie, in ’n verbeelde Karoodorp met die naam Gebeente. Jisses word as kind van sy ma weggeneem deur ’n maatskaplike werker, maar op dertigjarige leeftyd keer hy na sy geboortedorp terug om die inwoners te onderrig. Sy terugkeer het egter rampspoedige gevolge. Hy word gearresteer en van twee oortredings aangekla: dat hy die Melkweg gesteel het en dat hy die verkeerde Here verkondig het. Die spanning in die roman wentel om die vraag watter vonnis uiteindelik oor Jisses gevel gaan word.

Continue reading “An interpretation of ‘Gebeente’ by Chris van der Merwe on LitNet”

Jonathan Amid on ‘Gebeente’ on RSG’s programme Skrywers en boeke (Afrikaans channel, national radio)

(Scroll down for more posts.)

Skrywers en boeke, 3 Januarie 2024

“Die laaste boek wat ek wil uitsonder, is ’n boek wat ek baie onlangs gelees het. Ek is ’n groot Etienne van Heerden-aanhanger. Ek sien altyd uit na die nuwe boek wat Etienne van Heerden vir ons (…) bring en met Gebeente dink ek: Hy het homself oortref. Ek dink hierdie boek (…) ten spyte daarvan dat hy heelwat korter is as Die biblioteek aan die einde van die wêreld (…) het ’n absolute trefkrag wat jou net oorweldig. Die boek is groot; dis groots. Die prosa is vol spierkrag. Dit is vernuwend en slim. Dis ’n uitdagende vertelling. Dis totaal onvoorspelbaar. Die manier (…) Etienne van Heerden met taal werk en met taal speel en ons uitdaag om ons manier van dink en ons manier van sien van die wêreld en hoe ons besin oor menswees en kennis en jy weet, waar ons heen op pad is as die mensdom, jy weet, hoe hy hierdie vrae vir ons vra in hierdie roman is iets verbysterend. Ek was regtig baie beïndruk en dis ’n boek wat by ’n mens spook (…) Jy maak die laaste bladsy toe en jy dink oukei, ek is nou klaar gelees, en dan kom die karakters weer so voor jou in jou geestesoog (…) So ek was baie beïndruk met Gebeente. Ek dink dis ’n boek wat wonderlik by ’n ander roman soos Toorberg aansluit (…) Ek is regtig baie in my skik met hierdie boek.”

Listen to the podcast below.