(Scroll down for more posts.)
Author: Etienne
‘Gebeente’: Book launch in Montana, Pretoria
(Scroll down for more posts.)
Review essay of ‘Gebeente’ by Willie Burger
Willie Burger, LitNet, 5 Oktober 2023
Die volle omvang van Etienne van Heerden se talent word in hierdie werk uitgestal: sy ongebreidelde verbeelding; woorde wat lees asof hy sy rekenaar in heuning gemarineer het; ’n skerp analise van die samelewing; ’n fyn sin vir humor en ironie; ’n meesterverteller; en ’n grondige begrip van sy medium.
Gebeente voer die leser met betowerende vertellings weg na ’n magiese wêreld wat terselfdertyd ’n angswekkend realistiese, kontemporêre Suid-Afrika is. Sodoende bied die roman presies wat ek van letterkunde verwag, naamlik dat dit mens moet meesleur en betower, nie sodat ons kan ontsnap uit die wêreld waarin ons leef nie, maar sodat ons kan ontsnap uit konvensionele maniere van kyk na die wêreld waarin ons leef, uit gevestigde maniere van dink oor die wêreld waarin ons leef.
Continue reading “Review essay of ‘Gebeente’ by Willie Burger”
Etienne van Heerden interviewed by ‘Taalgenoot’
Article on newly published novel ‘Gebeente’ in ‘Die Burger’
Order of the Windmill 2023: Clinton V. du Plessis
(Scroll down for more posts.)
From Die Burger, 29 September 2023: Etienne van Heerden hands the Order of the Windmill to Cradock poet Clinton V. du Plessis. To the right: Darryl David, Founder and Head of the Etienne van Heerden Veldsoirée, an annual book festival held in the Eastern Cape Karoo.
Click on the image for a larger version.
Die sprekers | The speakers: Etienne van Heerden Veldsoirée 2023
(Scroll down for more posts.)
Daar was 32 mense op die verhoog tydens die 2023 Etienne van Heerden Veldsoirée. | During the 2023 Etienne van Heerden Veldsoirée 32 speakers participated.
Launch of ‘Gebeente’: A conversation with Izak de Vries
Gebeente was launched on 23 September 2023 during the Etienne van Heerden Veldsoirée in Cradock/Nxuba. Etienne van Heerden was in conversation with Izak de Vries.
Vier dekades ná ‘Toorberg’
(Scroll down for more posts.)
Dit is byna vier dekades ná Toorberg. Met ’n onverwagte trein kom magistraat Imker Goedeman (wat destyds as jong man die afarm-magistraat van Toorberg, Abraham van der Ligt, in die gange van Bellville se landdroshof raakgeloop het) aan op Gebeente, ’n klein dorpie op die Vergete Grootpad noord van Sutherland. Die omgewing is geruk deur ’n opspraakwekkende plaasmoord, maar ’n nog komplekser saak moet ondersoek word: die diefstal van die Melkweg …
Ons is hier in die buurt van onwaarskynlikhede en eindelik word die ganse regstelsel uitgedaag. Historie, mite en allegorie word sjarmant verweef in dié meesleurende, fassinerende roman, en eindelik voer Etienne van Heerden sy kenmerkende magiese realisme die verste in sy hele oeuvre.