Etienne van Heerden Veldsoirée 2018: ’n onderhoud met Darryl David

Darryl David

Die tweede Etienne van Heerden Veldsoirée vind vanjaar van 22 tot 25 September op Cradock en Somerset-Oos plaas. Darryl David, feesorganiseerder, vertel vir Naomi Meyer hiervan.

Darryl, die Etienne van Heerden Veldsoirée vind binnekort plaas en ek sien jy noem dit jou mees egte Karoofees. Sal jy, wat boekefeeste dwarsoor die land reël, asseblief nog meer van die fees vertel? Waarom Cradock?

Ligging vir enige fees is uiters belangrik. Vir al my feeste het ek fraai dorpe gekies: Montagu, Howick, Pniel. Natuurlik is daar BookBedonnerd in die hart van die Karoo. Maar by al hierdie feeste val die klem meestal op die literêre. By die Etienne van Heerden Veldsoirée vind die meerderheid van die fees plaas in ’n verlate Karoo-landskap by Buffelskop – die laaste rusplek van Olive Schreiner. En die fees skop af by Die Tuishuise – sekerlik die pragtigste “straatskap” in Suid-Afrika met tipiese Karoo-argitektuur. Geeneen van my ander feeste het hierdie kombinasie nie. As jy deur Dirosie Gastehuis ry, dan hoor jy Olive se woorde – “such a sense of wild exhilaration comes over me”. En hierdie jaar gaan ons na Somerset-Oos ry. Geen ander literêre toer is mal genoeg om mense 100 km te laat ry nie. Maar vir hierdie toer wou ek mense ’n tipiese Karoo-ervaring gee. Die wildernis is goed vir die siel. Soos Etienne nou die dag op Facebook gesê het: “The brain needs silence.” 

Continue reading “Etienne van Heerden Veldsoirée 2018: ’n onderhoud met Darryl David”

Etienne van Heerden Veldsoirée 2018

Gratis toegang vir alle programitems
Feesorganiseerder: Darryl David (davidd@ukzn.ac.za / 081 360 9231)

Die bekende feesorganiseerder Darryl David het aangekondig dat die tweede Etienne van Heerden Veldsoirée vanjaar oor die langnaweek 22–25 September op Cradock en Somerset-Oos en in die Cradock-distrik sal plaasvind.

Darryl David | Foto: Jan van der Merwe

“2017 se Veldsoirée was iets besonders,” het Darryl gesê. “Dit was een van daardie onvergeetlike feeste waar almal vir drie dae met ’n breë glimlag op hul gesigte rondgeloop het. En die toer na Schreiner se sarkofaag – dit bly die hoogtepunt van my alternatiewe lewe as feesimpresario. Die Etienne van Heerden Veldsoirée bly my mees egte Karoofees.”

Continue reading “Etienne van Heerden Veldsoirée 2018”

2017 Photo Gallery