‘Silwerwit in die soontoe’: review on LitNet

Alwyn Roux reviews Silwerwit in die soontoe by Imke van Heerden (with Anil Bas and Etienne van Heerden) on LitNet.

……….
Imke van Heerden se debuutdigbundel, Silwerwit in die soontoe (Naledi, 2023), is ’n merkwaardige voorbeeld van hoe mens en masjien saam kan skep in die wêreld van poësie.
………..

Imke van Heerden se debuutdigbundel, Silwerwit in die soontoe (Naledi, 2023), is ’n merkwaardige voorbeeld van hoe mens en masjien saam kan skep in die wêreld van poësie. Die versameling wys die samewerkingspogings van AfriKI, ’n Afrikaanse Kunsmatige Intelligensie-kletsbot, en die digter self. Terwyl die koms van OpenAI se ChatGPT aandag gevestig het op die moontlikhede van masjienondersteunde kreatiwiteit, het AfriKI sy debuut voor ChatGPT gemaak, ’n KI-kletsbot opgelei om Afrikaans te praat. Dit is gedoen deur die bestudering van ’n enkele teks, naamlik Etienne van Heerden se roman Die biblioteek aan die einde van die wêreld (2019).1

Continue reading “‘Silwerwit in die soontoe’: review on LitNet”

‘Silwerwit in die soontoe’: review on Versindaba

Mellett Moll reviews Silwerwit in die soontoe by Imke van Heerden (with Anil Bas and Etienne van Heerden) on Versindaba.

I.

Telkens wanneer ’n nuwe tegnologie sy opwagting maak, is die mensdom se reaksie soortgelyk: sommige kommentators is só beïndruk daarmee dat uitsprake gemaak word wat die rol van daardie tegnologie in die wêreld totaal oorskat en daar word ekstrapolasies gedoen wat geheel en al onrealisties is. Die eerste ruimtereise het byvoorbeeld die verwagting geskep dat ons teen 1999 die maan sou koloniseer. Ander kommentators weer, is behoudende puriste wat die bestaande tradisie probeer beskerm teen sulke nuwe onhebbelikhede. Dink maar aan die musiekbedryf en die koms van die grammofoon. Om na jou gunsteling opera op ’n draagbare toestel te luister? Nee wat, dit sal nie deug nie. En dink aan die koms van sintetiese musiekinstrumente in die vroeg 1970’s – kunstenaars soos Jean-Michel Jarre, Klaus Schulze en Kraftwerk het groot debatte veroorsaak: aan die een kant wou entoesiaste dit hê dat hierdie vorm van musiekinstrument die toekoms in die geheel sou oorheers; terwyl ander dit as kitsch, kortstondig en ’n kortpad vir die talentloses beskryf het. As ons terugskouend na enige van hierdie verskynsels sou kyk, besef ons dat die waarheid altyd iewers in die grys gebied tussen hierdie twee uiterstes lê; en dat die tegnologiese baanbrekers op enige terrein as hoogs eksperimenteel beskou behoort te word totdat die tegnologie volwassenheid bereik het.

Continue reading “‘Silwerwit in die soontoe’: review on Versindaba”